Dit is baie duidelik uit die Skrif dat Elohiem se afsprake vir alle gelowiges is, vir almal wat deel wil wees van sy Verbond. Nêrens verwys die Skrif na die vasgestelde tye as "Joodse feeste" nie, God sê baie duidelik dat dit SY vasgestelde tye is:
Gen 1:14 En Elohiem het gesê: Laat daar ligte wees ... vir die Vasgestelde Tye (Moadim)
Psa 104:19 Hy het die maan gemaak vir die vasgestelde tye
Lev 23:1+2 Verder het JHWH met Mosheh gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Wat die vasgestelde tye van JHWH betref, wat julle moet uitroep as afgesonderde openbare samekomste: hierdie is Mý afsprake.
Jes 56:6 En die uitlanders (nie-Israeliete) wat hulle by JHWH aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van JHWH lief te hê deur sy verbondsknegte te wees — elkeen wat die Sabbat hou, sodat hy dit nie iets algemeens maak nie, en hulle wat stewig vashou aan my verbond,
Jes 56:7 ook húlle sal Ek bring na my afgesonderde berg, en Ek sal hulle vreugdevol maak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die mense.
Die volgende Messiaanse profesieë toon ook duidelik dat alle nasies die Vader se afsprake sal nakom in die Messias se koninryk:
Jes 66:23 En dit sal wees, dat elke maand op die nuwemaan, en elke week op die Sabbat, sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê JHWH.
Zec 14:16 En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, JHWH van die leërskare, en om die huttefees te vier.
Zec 14:17 En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, JHWH van die leërskare, te aanbid nie — hulle sal geen reën kry nie.